Uiteindelik! Vars, slim en onvergeetlik Afrikaans. Humor wat donker komedie in Suid Afrikaanse teater tot 'n nuwe vlak voer. Die fenominale skrywer Wikus du Toit tref 'n kolskoot met sy nuut verwerkte teks - SING. Na 'n uiters suksesvolle speelvak in Johannesburg in 2008, verwelkom ons SING terug in Gauteng met 'n splinternuwe weergawe by die Staatsteater in Pretoria vanaf 11 - 28 Maart 2010.
Kombineer die tydlose talent van Tobie Cronje, die formidabele styl van Lizz Meiring en die onbeperkte geestigheid van Terence Bridgett, en ons staan in die teenwoordigheid van properse teater - grensverskuiwend, dog terselfdertyd genoeglik genotvol.
Dit is die 1600's aan die Franse hof van Lodewyk. Monsieur Toon de Angoul?me de Pratteriste (Bridgett) en Monsieur Tril du Balzak (Cronje) wag vir die koning se minares, Madame Kol A. Ratuur (Meiring) om te arriveer vir 'n sangles, terwyl 'n opdrag van Lodewyk deur die geheime gleuf verskyn: "Ratuur is oorbodig en moet van kant gemaak word!"
Toon besluit om haar die vervloekte aria uit die opera, Die Skanier van Brasil te laat sing - wetend dat geen sopraan nog ooit die aria aangedurf het en lewendig daarvan afgekom het nie. Daar is egter net een problem: Madam Ratuur is uniek? nie net het sy drie borste nie, maar 'n stem wat enige gesonde mens dadelik siek sal maak.
Die uiteinde van die saak - klassieke kultuur met komiese gevolge ...
Die ensemble werk tussen die drie akteurs, gekombineerd met asemrowende visuele elemente en onvergeetlike klanke - is 'n sinergie van genot. SING, laat jou na jou asem snak, en nie net altyd van die lag nie!
Regie word behartig deur Alby Michaels, 'n jong regisseur wat besig is om groot naam vir homself te maak met sy innoverende, en sterk visuele produksies. Dawid Boverhoff is verantwoordelik vir oorspronklike musiek: komies neo-Barok en dramaties kleurvol.
Ann en Kirsten Bailes skep karakters van hulle eie met hul ongelooflike kostuum ontwerp.
Kosie Smit doen die stel en beligting ontwerp, en pas ook sy uitsonderlike talente toe tot die vervaardiging van die produksie.
Voorskou kaartjies (slegs 10 Maart) is beskikbaar vanaf R62.50 en normale kaartjies vanaf R125. Besprekings by Computicket.
Videos