tracker
My Shows
News on your favorite shows, specials & more!
Home For You Chat My Shows (beta) Register/Login Games Grosses

Barnyard Theatre Presents BABALELA, 4/9

By: Mar. 17, 2010

Diep, diep in 'n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, woon die Babalela en al sy maats. Diep, diep in 'n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, woon die Babalela en al sy maats.

Op 'n dag kom 'n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het 'n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie ...

Los ons uit! is die derde boek in die immer gewilde Babalela-reeks, waarvan daar reeds meer as 40 000 boeke verkoop is!

DIE REEKS

1. Babalela

2. Diep, diep in `n donker bos

3. Los ons uit!

DIE SKRYWER

Martie Preller is een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir Babalela, Diep diep in `n donker bos. Daar het al meer as 50 kinderboeke uit haar pen verskyn.

Hierdie immergewilde vertoning is terug met ‘n nuwe baadjie! Splinternuut en beloof om weer duisende kinderhartjies warm te laat klop vir hulle geliefkoosde karaktertjie: BABALELA!

For more information, click here.

 


Need more South Africa Theatre News in your life?
Sign up for all the news on the Winter season, discounts & more...


Videos