GROET DIE GROTMAN 2 Verkoop Binne Een Dag Uit By Pierneef Teater; Ekstra Vertoning Op 24 Julie 2019

By: Jul. 11, 2019
Enter Your Email to Unlock This Article

Plus, get the best of BroadwayWorld delivered to your inbox, and unlimited access to our editorial content across the globe.




Existing user? Just click login.

GROET DIE GROTMAN 2 Verkoop Binne Een Dag Uit By Pierneef Teater; Ekstra Vertoning Op 24 Julie 2019

Lefra se trefferproduksie, GROET DIE GROTMAN 2, met Wynand van Vollenstee as Die Grotman het binne een dag totaal die vertoning van 19 Julie 2019 uitverkoop. Goeie nuus is dat daar onmiddellik 'n ekstra vertoning geskeduleer is vir Woensdag, 24 Julie om 19:00. Besprekings kan gedoen word by die Pierneef Teater by (012) 329 0709 of per epos aan info@pierneefteater.co.za

Frans Swart, skrywer en regisseur van GROET DIE GROTMAN 2, is baie verheug oor die sukses van GROET DIE GROTMAN 2. "Ons is baie dankbaar as mense nog teater toe gaan ... veral in die winter. Dit gee ons sommer baie hoop. Die Pierneef Teater lê ons baie na aan die hart en dit is dus soveel lekkerder as GROTMAN 2 hier uitverkoop. Ons eerste voorskou met die produksie was ook by die Pierneef Teater en toe was dit net so vinnig uitverkoop en het ons besluit om dit in Julie terug te bring. Groot was ons verbasing toe dit binne een dag uitverkoop," sê Swart.

Bekende Wynand van Vollenstee is die Grotman wat gehore laat skaterlag. Wynand het veral bekendheid verwerf vir sy rol as Kallie in Karate Kallie. Hy is deesdae te sien in die televisiereeks, OUBOET EN WORS as Gielie.

DIE GROTMAN hou steeds alle rekords vir 'n Afrikaanse teaterproduksie met meer as 1 000 uitverkoopte vertonings oor tien jaar. Frans Swart, regisseur en skrywer van Grotman 2 sê dat Grotman die afgelope klompie jare gaan rus het in sy grot. "Maar in 2019 het Grotman totaal uit sy grot geklim met 'n opvolg op die gewilde produksie. Die tyd is nou so reg dat Grotman weer die land toer en paartjies aan die lag kry." Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud. Dis 20 jaar later, die kinders is tieners en mans is steeds van Mars en vrouens natuurlik ... van Venus. Die verskille tussen mans en vrouens gaan altyd daar bly. "Dis vir my so lekker om te sien hoe geniet mans en vroues die mannewales van Grotman, want in hierdie "show" kan ons vir mekaar lag. Sodoende kom mans en vrouens weer nader aan mekaar ... huweliksterapie met komedie!"

Wynand van Vollenstee sê dis vir hom 'n groot eer om Grotman 2 te speel. "Dis heerlik man. Kyk die rol vat alles uit my uit en ek is seker ek gaan 'n paar kilogramme verloor. Maar dis vir my so lekker om Frans Swart se nuwe en vars Grotman teks te speel. Ons almal kan vereenselwig met die dingetjies tussen Grotman en Elize. En natuurlik bly elke liewe man steeds 'n Grotman!"

DIE GROTMAN 2 was onlangs ook totaal uitverkoop by die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit. Diensorganisasies, skole, kerke, dorpe, stede, teaters kan GROET DIE GROTMAN 2 bespreek om in jou dorp of stad te kom speel. Skakel Lefra nou by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com Besoek gerus ook www.grotman2.co.za



Comments

To post a comment, you must register and login.
Vote Sponsor


Videos