Skip to main content
Shop Merch Add a Show Listing
My Shows
News on your favorite shows, specials & more!

LIEFLING at The South African State Theatre

Dates: 6/2/2013 - 6/30/2013


320 Pretorius Street
Pretoria, Gauteng

Phone: 012 392 4000

Tickets: R140.00 - R250.00

Running Time: 2 hours 30 minutes


Share
As ’n hoogs suksesvolle musiekfilm R13,7m by die loket verdien, meer as 60,000 DVDs verkoop en die CD album vinnig-vinnig dubbel platinum status bereik – wat is die volgende logiese stap? ’n Musiekspel op die planke, natuurlik!

As ’n hoogs suksesvolle musiekfilm R13,7m by die loket verdien, meer as 60,000 DVDs verkoop en die CD album vinnig-vinnig dubbel platinum status bereik – wat is die volgende logiese stap? ’n Musiekspel op die planke, natuurlik!

Vervaardigers Paul Krüger en Linda Korsten van Hartiwood Films kondig dus met trots aan dat hulle saamspan met Renier en Lise-Marie Keyser van Add-Life Productions om Liefling, die Movie in Junie 2013 as ’n musiekblyspel te bring na die Staatsteater in Pretoria.

Die filmteks is vir die verhoog verwerk deur Renier en Lise-Marie (skrywers en vervaardigers van Houtkruis, Ester en Dawid die Musicals), en Bobby van Jaarsveld sal weer die rol van die held Jan speel. Lika Berning, wie die rol van Liefling gespeel het in die film, se eersteling is pas ’n jaar oud en het daarom besluit om nie deel te wees van die verhoogproduksie nie. Sy en Bobby gaan egter albei deel wees van die soek na ’n nuwe Liefling!

Soos die titel Liefling verklap, is hierdie storie ontleen van die immergroen treffer van Gé Korsten. Vertel deur ou en moderne Afrikaanse treffers – onder andere Kinders Van Die Wind, Voshaarnooi, Neem My Op Vlerke, Kaptein en Spieëltjie – is hierdie ’n lieflike romantiese komedie vir die hele gesin. Vanaf 2 tot 30 Junie 2013 op die Opera-verhoog by die Staatsteater in Pretoria. Kaartjies tussen R140 en R250, beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting, kontak gerus vir: Renier Keyser by Renier@add-life.co.za Lise-Marie Keyser by Lm@add-life.co.za

News About LIEFLING at The South African State Theatre

THE UNLIKELY SECRET AGENT to be Presented at Artscape Women Humanity Arts Festival in August
THE UNLIKELY SECRET AGENT to be Presented at Artscape Women Humanity Arts Festival in August
July 14, 2022 The  Fleur du Cap Theatre Award-winning and multiple-nominated production THE UNLIKELY SECRET AGENT will be performed from 4 to 9 August at the Artscape Women Humanity Arts Festival.

About the Theatre

The South African State Theatre

320 Pretorius Street
Pretoria, Gauteng

Phone: 012 392 4000

Similar Shows Nearby


MAMMA MIA! The Musical! in South Africa MAMMA MIA! The Musical!
Artscape Theatre (9/03-10/11)
MAMMA MIA! in South Africa MAMMA MIA!
Artscape Theatre (9/03-10/11)
HIGHLIGHTS in South Africa HIGHLIGHTS
Homecoming Centre (8/26-8/29)
HIGHLIGHTS in South Africa HIGHLIGHTS
UJ Arts & Culture (8/20-8/23)
MAMMA MIA! in South Africa MAMMA MIA!
Teatro at Montecasino (10/16-11/22)
Enrico Brignano - Bello di Mamma 2026 in South Africa Enrico Brignano - Bello di Mamma 2026
Mapo Club (9/01-9/01)
Resonance and Reflections in South Africa Resonance and Reflections
Cape Town City Hall (9/03-9/03)
MAMMA MIA! The Musical! in South Africa MAMMA MIA! The Musical!
Teatro at Montecasino (10/16-11/22)