Get theatre news and discounts for South Africa

LIEFLING at The South African State Theatre

Dates: 6/2/2013 - 6/30/2013

Theatre:

The South African State Theatre


320 Pretorius Street
Pretoria,Gauteng

Phone: 012 392 4000

Tickets: R140.00 - R250.00

Running Time: 2 hours 30 minutes


  1. View All South Africa Shows
  2.  > 
  3. LIEFLING


As ’n hoogs suksesvolle musiekfilm R13,7m by die loket verdien, meer as 60,000 DVDs verkoop en die CD album vinnig-vinnig dubbel platinum status bereik – wat is die volgende logiese stap? ’n Musiekspel op die planke, natuurlik!

As ’n hoogs suksesvolle musiekfilm R13,7m by die loket verdien, meer as 60,000 DVDs verkoop en die CD album vinnig-vinnig dubbel platinum status bereik – wat is die volgende logiese stap? ’n Musiekspel op die planke, natuurlik!

Vervaardigers Paul Krüger en Linda Korsten van Hartiwood Films kondig dus met trots aan dat hulle saamspan met Renier en Lise-Marie Keyser van Add-Life Productions om Liefling, die Movie in Junie 2013 as ’n musiekblyspel te bring na die Staatsteater in Pretoria.

Die filmteks is vir die verhoog verwerk deur Renier en Lise-Marie (skrywers en vervaardigers van Houtkruis, Ester en Dawid die Musicals), en Bobby van Jaarsveld sal weer die rol van die held Jan speel. Lika Berning, wie die rol van Liefling gespeel het in die film, se eersteling is pas ’n jaar oud en het daarom besluit om nie deel te wees van die verhoogproduksie nie. Sy en Bobby gaan egter albei deel wees van die soek na ’n nuwe Liefling!

Soos die titel Liefling verklap, is hierdie storie ontleen van die immergroen treffer van Gé Korsten. Vertel deur ou en moderne Afrikaanse treffers – onder andere Kinders Van Die Wind, Voshaarnooi, Neem My Op Vlerke, Kaptein en Spieëltjie – is hierdie ’n lieflike romantiese komedie vir die hele gesin. Vanaf 2 tot 30 Junie 2013 op die Opera-verhoog by die Staatsteater in Pretoria. Kaartjies tussen R140 en R250, beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting, kontak gerus vir: Renier Keyser by Renier@add-life.co.za Lise-Marie Keyser by Lm@add-life.co.za



Videos


PRETTY WOMAN: The Musical in South Africa PRETTY WOMAN: The Musical
Teatro at Montecasino (4/24 - 5/31)
THE NUTCRACKER in South Africa THE NUTCRACKER
Teatro at Montecasino (12/4 - 12/21)
PRETTY WOMAN: The Musical in South Africa PRETTY WOMAN: The Musical
Artscape Theatre Centre (3/18 - 4/19)
THE NUTCRACKER in South Africa THE NUTCRACKER
Teatro at Montecasino (12/4 - 12/21)
Bryan Miles - Elemental in South Africa Bryan Miles - Elemental
The Drama Factory (12/16 - 12/16)
VIEW SHOWS  ADD A SHOW