Laurika Rauch to Appear on Frans Swart's RENDEZVOUS, July 21

By: Jul. 17, 2013
Enter Your Email to Unlock This Article

Plus, get the best of BroadwayWorld delivered to your inbox, and unlimited access to our editorial content across the globe.




Existing user? Just click login.

Laurika Rauch is Frans Swart se gas op sy program, Rendezvous, hierdie Sondag 21 Julie vanaf 10:00 tot 13:00 op Oos-Rand Stereo 93.9FM. In die profielgedeelte van Rendezvous, nooi Frans bekendes om hulle eie musiekkeuse te kom voorspeel. "Die program is baie gewild, want ons leer regtig die bekendes deur hulle musiek en ook wat sekere snitte in hulle lewens beteken het. Die proses is so lekker vir radio, want mense gesels baie maklik oor musiek," sê Swart.

Laurika het besluit om net Afrikaanse musiek te speel. "Afrikaanse musiek is die beste musiek in die wêreld en die kunstenaars wat ek gekies het, is van internasionale standaard. Ek is baie trots op my mede Afrikaanse kunstenaars," sê Rauch.

Laurika speel onder andere HEMEL OP TAFELBERG van Kurt Darren, SAL JY BLY deur Theuns Jordaan, EK HET GEDROOM deur Amanda Strydom, AS MUSIEK BEGIN SPEEL deur Karen Zoid en nog vele meer lekker Afrikaanse liedjies. Laurika Rauch tree in vanjaar se Afrikaanse Musiekfees 12 op by Carnival City se Big Top Arena op 27 Julie.

Rendezvous is 'n lekker vermaak- en leefstyl program. In Sondag se program gesels Frans Swart ook met Bennie Howard oor kos- en wynsake, daar is 'n eksklusiewe onderhoud uit Praag oor SA se Mej Dowe Kompetisie se deelname aldaar en daar is elke week 'n lekker unieke resep vir die Sondagmaal. Die Rendezvous-resep word verder aangevul deur lekker musiek en opwindende kompetisies.

Frans Swart is vanjaar ook deur die ATKV bekroon met 'n ATKVeertjie as Beste Omroeper vir sy program Rendezvous. Oos-Rand Stereo kan gehoor word op 93.9FM of op die internet by www.939.co.za Oos-Rand Stereo is ook op alle selfoon APPS. Meer inligting is beskikbaar by www.939.co.za.



Comments

To post a comment, you must register and login.

Vote Sponsor


Videos