Lefra Produksies to Visit Kimberley's Gariep Arts Festival with Two Top Productions!

By: Aug. 28, 2016
Enter Your Email to Unlock This Article

Plus, get the best of BroadwayWorld delivered to your inbox, and unlimited access to our editorial content across the globe.




Existing user? Just click login.

Lefra Produksies bring twee top produksies na die Gariep Kunstefees op Kimberley op 2 en 3 September vanjaar! Kom skaterlag vir Lefra Produksies se skreeusnaakse klug Daa' Gaat die Bruid! op Saterdag, 3 September om 11:00, 15:00 en 18:00. Hennie Smit en ARina De Witt vermaak in As Drome Vlerke Kry op Vrydag, 2 September om 16:00. Beide produksies speel in die Newtonteater op die gronde van die Newton Primêre Skool op die hoek van Halkettweg en Conradstraat. Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000 of bespreek aanlyn www.computicket.com. Besoek gerus ook www.lefra.com vir meer inligting. Al die produksies word aangebied met die trotse ondersteuning van Christo Strydom Nutrition, Stuttaford van Lines, RSG, Sounds Good en McCarthy Volkswagen Arcadia.

Lefra Produksies is reeds bekend vir hulle lekkerlagklugte wat gehore landwyd sedert 2012 vermaak, en vanjaar is klugkoning Frans Swart se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa' Gaat die Bruid! aan die beurt. Die lekkerlagklug speel by die Gariep Kunstefees in die Newtonteater op Saterdag, 3 September om 11:00, 15:00 & 18:00. Daa' Gaat die Bruid! Was die topverkoper by vanjaar se KKNK op Oudtshoorn. Die oorpsronklike There Goes The Bride is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle Westend-klugte tot op hede, en uittreksels vanuit die Londonse resensies beskryf die klug dalk die beste: "... die klug word lawwer en snaakser soos dit aangaan... dit het tempo, presisie en vernuf", was die uitspraak in die London Daily Mirror. Volgens die BBC is dit "briljant geskryf". Daa' Gaat die Bruid! Spog met top akteurs soos Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh. Frans Swart hanteer weer die regie. Swart sê hy is baie opgewonde oor Daa' Gaat die Bruid! "Die lekkerte is dat hierdie klug nog nooit in Suid-Afrika opgevoer is nie, en dus ken niemand die storie of ontknoping nie". In Daa' Gaat die Bruid! is dit die oggend van Judy (Debrè Rossouw) se troue. Alles is in rep en roer om alles in gereedheid te bring vir die troue later die dag. En dan slaan die klug toe! Terwyl Judy en haar ma, Ursula (Edrien Erasmus) gereed is om kerk toe te vertrek, kry haar pa Malan (Cobus Venter), die uitvoerende hoof van 'n advertensiemaatskappy, 'n hou op die kop en dan begin die poppe dans - letterlik! Polly (Ana van Achterbergh), 'n pragtige "cut-out" meisie van een van sy advertensieveldtogte, kry lewe. Voeg daarby 'n kwaai ouma (Marga van Rooy), 'n moeilike oupa (Lieb Bester), 'n verdwaalde skoonpa (Gert van Tonder), 'n flambojante assistent (Phillru van Achterbergh) en 'n deur of drie, en jy beskik oor al die lekkerlag elemente van nog 'n histeriese Lefra-klug!

In 'n aftree oord beleef twee wêreldbekende vermaaklikheidskunstenaars die mooi van vervloeë dae in herinnering. Dis konserttyd by Huis Silwerjare en almal is in rep en roer om alles reg te kry vir die verhoog. ARina De Witt (Aria Von Waltzleben, alias Fanny Galore) boorling van Ariamsvlei, ster van die sestigerjare in Las Vegas, 'n "geesgenoot" van Maria Callas en Edith Piaf. Hennie Smit (Egbertus Wolmarans) boorling van die Swartland, onderwyser van Ariamsvlei, beroemde vermaaklikheidster en akteur wie se hartsnare nog al die jare roer vir Aria. Huis Silwerjare se konsert kan nie sonder Aria en Egbertus gebeur nie. In hierdie wonderlike produksie span Hennie Smit en ARina De Witt kragte saam om As Drome Vlerke Kry aan te bied op Vrydag, 2 September om 16:00.

Bespreek jou kaartjies nou by Computicket vir Lefra Produksies se produksies by die Gariep Kunstefees in Kimberley.



Comments

To post a comment, you must register and login.
Vote Sponsor


Videos