MY VROU SE MAN SE LYK SE TAS Comes to Sand du Plessis Theatre, May 28-June 1

By: May. 19, 2013
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

Vrystaters kan in Junie uitsien na 'n splinternuwe klug wanneer Ray Cooney se Funny Money, meesterlik in Afrikaans vertaal deur Peet van Rensburg as My Vrou se Man se Lyk se Tas en onder die regie van Frans Swart, die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein besoek. Die speelvak word aangebied in samewerking met OFM 94 - 97FM en Volksblad. Hierdie is natuurlik een van Cooney se baie suksesvolle klugte op Londen se Westend en word vir die heel eerste keer in Suid-Afrika aangebied. My Vrou se Man se Lyk se Tas is vanaf 28 Mei tot 1 Junie in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein op die planke, en toer daarna verder. Besprekings kan by Pacofs gedoen word deur (051) 447-7772 te skakel. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte 'n lekker afslag - skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur 'n e-pos aan admin@lefra.com.

Ons stel ook vertonings by die bogenoemde venues beskikbaar aan organisasies wat dit wil gebruik as fondsinsamelingsprojek. Belangstellendes kan Charl Senekal kontak by die bogenoemde nommer, of 'n e-pos stuur aan marketing@lefra.com. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.myvrou.co.za.

Chris van Niekerk vertolk die hoofrol, Henry Perkins, 'n tipiese voorstedelike rekenmeester. Behalwe dat dit sy verjaarsdag is, is Henry soos gewoonlik met die middagtrein oppad huistoe, waar hy en sy vrou Jean (Lulu Botha) 'n gesellige verjaarsdagete saam hulle beste vriende, Vic en Betty Johsnon (Chris van Rensburg en Amalia Uys) beplan. Henry ruil per ongeluk sy briewetas met die van 'n ander persoon op die trein om, net om later uit te vind dat die tas 'n klein fortuin bevat! Hy vertel sy niksvermoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar sy hanteer dit nie so goed soos Henry gedink het nie! Gou sluit die Johnsons by hulle aan, tesame met 'n polisieman wat agter die deur staan (Paul Lückhoff as Speursersant Davenport), nog 'n polisieman op die uitkyk (Botha Enslin as Speursersant Slater), 'n taxibestuurder genaamd Bill (Duncan Johnson) en die gevreesde misdaadbaas (Phillru van Achterbergh) wat gekom het om sy fortuin terug te eis... Voorsienbaar, gryp die onvoorsiene in en wat volg is 'n dolle vaart van histeriese humor!

Frans Swart is beide vervaardiger en regisseur van My Vrou se Man se Lyk se Tas. Frans was ook die regisseur van verlede jaar se suksesvolle klug, My Vrou se Man se Vrou, wat gehore regoor die land laat skater het. Die produksie het 'n pragtoekenning ontvang vir die gewildste produksie by verlede jaar se Innibos Laeveldse Nasionale Kunstefees in Nelspruit. Frans is ook die vervaardiger van trefferproduksies soos Groet die Grotman, Groet die Grotvrou, Fiela se Kind en Liewe Heksie, waarvan hy ook die verwerker en regisseur was. Hy het tydens die jaarlikse Naledi-teatertoekennings in 2011 die uitvoerende direkteurstoekenning ontvang vir sy bedrae tot teater in Suid-Afrika. Frans is baie opgewonde oor die nuwe produksie. "Ek is veral opgewonde om hierdie splinternuwe klug aan te pak," vertel hy. "Dit is nog nooit in Suid-Afrika gedoen nie en juis daarom is ons almal baie opgewonde om hierdie vars klug vir Suid-Afrika aan te bied om lekker te kom lag! Ons het van die beste spelers in Suid-Afrika nader gehark om in die nuwe klug te speel," sê Frans. "Almal is akteurs met ongelooflike lekker komiese aanvoeling en ek waarborg 'nlaugh-a-minute."

Ervare akteur Chris van Niekerk se eerste liefde is steeds teater, al sal TV-kykers hom dalk nog onthou as Francois van televisie se 7de Laan, en sal ook binnekort gesien word in Vlug na Egipte. "My fokus is egter die teater. En as ek dit vir die res van my lewe kan doen, sal dit wonderlik wees," vertel Chris. Chris het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer en was te sien in Magspel, Die Ryk Weduwee, Dinsdae by Morrie en die onlangse Grieta kry Geleerdheid, waar hy die verhoog gedeel het met Lulu Botha, wat sy vrou in My Vrou se Man se Lyk se Tas vertolk.

Amalia Uys, baie bekend vir haar gewilde karakter, San-Mari van Graan in 7de Laan, keer terug verhoog toe in My Vrou se Man se Lyk se Tas as Betty Johnson. Amalia het, na ses jaar op 7de Laan, besluit om die sepie vaarwel te roep om haar weer op teaterwerk te fokus. Amalia het drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waarna sy 'n rol gekry het op die SABC2-komedie Gabriël. Sy wou daarna haar Honneurs in Dramaterapie gaan doen het, maar voor sy daarmee kon begin, het sy die rol van San-Mari op 7de Laan gekry. Tydens haar loopbaan by 7de Laan het sy ook die vryheid gehad om haar in ander genres uit te leef. In die romantiese komedie Klein Karoo, onder die regie van Regardt van den Bergh, speel sy die sluwe Magriet. Haar mees uitdagende rol tot op hede is egter die van Ruth in Harold Pinter se The Homecoming in Afrikaans asHuistoe met Henry Milne in die regisseurstoel. Amalie se primêre passie bly toneelspel en die proses van karakterontleding en -vertolking. Sy is egter vasberade om die struikelblokke en beprekinge in die Suid-Afrikaanse industrie te oorkom deur self werk te skep en ook haar hand te waag aan regie en vervaardiging.

Die talentvolle Botha Enslin was die afgelope paar jaar veral besig met kinderteater, met bykans 20 van die produksies onder die belt. "Kinderteater leer 'n kind om in hierdie tyd van hoë tegnologie weer kind te wees," sê Botha. "Dit laat 'n kind droom en verbreed sy verbeeldingswêreld". Botha was sedert 2010 (en is steeds!) te sien in Lefra Produksies se Liewe Heksie, waarin hy 'n paar rolle vertolk. Hy het ook onlangs sy eie produksiemaatskappy gestig wat poppekasteater vir kleuterskole aanbied. Behalwe sy optredes in kinderproduksie, was Botha onder andere te sien in Houtkruis, Die Musical. Hy het is 'n bekende gesig op televisie met verskeie advertensies agter sy naam, en rolle in die onder andere die sepies Generations en Rhythm City, en natuurlik as die fopdosser Thalula in Erfsondes!

Chris van Rensburg het 'n sterk teater-agtergrond wat te danke is aan sy Eisteddfod-dae op laer- en hoërskool. Dit was vir hom 'n logiese volgende stap om drama aan die Universiteit van Pretoria te gaan studeer, waar hy in 2005 'n toekenning ontvang vir die beste kreatiewe bydrae tot die dramadepartement. Chirs het in verskeie teater-, film- en televisieproduksies verskyn, wat sy vermoeë om 'n verskeidenheid karakters te vertolk bevestig. Hy was te sien in uiteenlopende produksies soos Die Afrikaner 300, The Rocky Horror Picture Show, Spongebob Squarepants: The Musical, Houtkruis: Die Musical en is ook eersdaags op die kassie in die nuwe KykNet-komediereeks, Moeggeploeg.. Chris is ook mede-eienaar van die produksiemaatskappy Pôkô Events and Productions wat hulle daarop toespits om nuwe en opwindende teaterwerke te skep.

Duncan Johnson is al meer as 25 jaar besig met vryskutwerk. Hy't 'n 4-jaar B.Dram graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, met spesialisasie in Toneel. In sy finale jaar het hy die Fleur du Cap-toekening vir Belowendste Student in die Wes-Kaap ontvang. Daarna is hy met 'n beurs van die Italiaanse Ambassade na die Universiteit van Bologna in Italië vir 'n paar maande. By sy terugkeer na SA het hy in verskeie verhoogproduksies opgetree, maar hy sal veral onthou word as kontinuïteitsaanbieder vir M-Net, aanbieder en nuusleser vir CNW TV en veldaanbieder vir Pasella. As akteur was hy ook te siene in 7de Laan, Egoli en Intersexions, om maar 'n paar te noem. Duncan was ook te sien in My Vrou se Man se Vrou in 2012, waar hy die rol van Speurdersersant Porterhouse vertolk het. Hy het die hoofrolle vertolk in twee televisierolprente wat in die VSA op die Kassie is, waaronder die riller Walk in the Night.

Lulu Botha is 'n boorling van die Vrystaat en het haar dramagraad aan die Unversiteit van die Vrystaat behaal. In 2011 word sy genomineer vir twee Fiësta-Toekennings - beide vir Beste Byspeelster - onderskeidelik vir Spyt deur Ingrid Winterbach onder leiding van Brink Scholtz en Pieter Fourie se Die Proponentjie, met regie deur Paul Eilers. Toe kry Leon Kruger dit in sy kop dat Lulu nie genoeg stres nie en hy skryf vir haar haar vierde eenvrou-vertoning, Paloekas-Dagboek van 'n Single Girl. Tussendeur speel sy saam met Antoinette Louw en Simone Biscombe in Eve Ensler se Die Vagina Monoloë. Dis toe dat Hennie van Greunen gee toe vir haar die rol van Grieta in Willy Russell se Grieta kry Geleerdheid. "Dit is die meeste woorde wat ek nog ooit moes leer," sê Lulu. "Maar as iets lekker is gee mens mos nie om nie." Die produksies het die land vol getoer verlede jaar. Van Greunen het die volgende oor Lulu te sê gehad: "Onder haar grappige exterior kruip 'n vlymskerp intellek weg." As aktrise oortuig Lulu altyd haar gehore. Soveel so, dat tannies soms grappenderwys vra of sy nie veronderstel is om karkarre op te pas nie - verwysend na haar karakter in Carwatch.

Paul Lückhoff is veral bekend vir sy rol as Saul in die verhoogweergawe van Dalene Matthee se Kringe in 'n Bos, en het die rol op die verhoog vir bykans nege jaar vertolk. Hy wou as kind nooit akteur word nie, maar nadat hy aan 'n beroepsbegeleier tydens sy diensplig genoem het dat hy graag wil "stront praat oor die radio", het die hom aangeraai om drama te gaan studeer. Sedertdien was hy in meer verhoogstukke as wat hy kan tel, ook in kinder en jeugteater. Hy was onder andere te sien as Elias in Lefra Produksies se Fiela se Kind in 2007, wat toe as voorgskrewe werk aangebied is. Televisiekykers herken hom steeds as die kultusleier Menasse vanEgoli, en sy rol as Pop in die rolprentweergawe van Triomf is een wat vir hom besonders na aan die hart lê.

Nuweling Phillru van Achterbergh maak die geselskap van My Vrou se Man se Lyk se Tas voltallig. Hy is tans 'n derdejaar-dramastudent aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Die verhoog is vir hom egter 'n bekende plek, en het hy in 2002 in die stuk Horings gespeel, wat in daardie jaar by die KKNK op die planke was. Phillru het verlede jaar vier toekennings ontvang tydens die universiteit se Rostrum Roulette-fees ontvang, waaronder die groot toekenning as Akteur van die Jaar nie. Hy herhaal die sege ook en ontvang die TUT Departmenet van Uitvoerende Kunste se toekenning as die algehele beste speler in die department.

Frans sê dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer. "Alhoewel dit uit 'n logistieke oogpunt 'n nagmerrie is om met so 'n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien. Mense wil nie meer wroeg nie - daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed - ons mense wil lag. En dis juis wat My Vrou se Man se Lyk se Tas gaan bring."

Bespreek jou kaartjies vir My Vrou se Man se Lyk se Tas nou by Pacofs by (051) 447-7772. Vir groepbesprekings en gasvryheidspakkette, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur 'n e-pos na admin@lefra.com.

Photo: Chris van Rensburg en Phillru van Achterbergh


Play Broadway Games

The Broadway Match-UpTest and expand your Broadway knowledge with our new game - The Broadway Match-Up! How well do you know your Broadway casting trivia? The Broadway ScramblePlay the Daily Game, explore current shows, and delve into past decades like the 2000s, 80s, and the Golden Age. Challenge your friends and see where you rank!
Tony Awards TriviaHow well do you know your Tony Awards history? Take our never-ending quiz of nominations and winner history and challenge your friends. Broadway World GameCan you beat your friends? Play today’s daily Broadway word game, featuring a new theatrically inspired word or phrase every day!

 



Videos