Lefra Produksie Presents Verna Vels's LIEWE HEKSIE, Now thru 7/19

By: Jul. 17, 2013
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

Lefra Produksie se treffer verhoogaanbieding van Verna Vels se Liewe Heksie word 17-19 Julie by KunsteKaap aangebied. Besprekings kan gedoen word by Computicket (011) 340 8000 of www.computicket.com Daar word twee vertonings per dag aangebied om 09:30 en om 12:00 Heksie is ideale vermaak vir kleuterskole, crèches, speelgroepies en laerskole. Selfs hoërskole gebruik Heksie vir kuns en kultuutprojekte. Indien skole of groepe wil bespreek, kan Charl geskakel word by (011) 815 3000 of stuur 'n epos aan admin@lefra.com Vir meer inligting, besoek www.lieweheksie.co.za.

Frans Swart, die regisseur van Liewe Heksie, het twee splinternuwe verhale vir die verhoog verwerk naamlik LIEWE HEKSIE EN DIE TUPPELS en WAAR IS KLEIN KWAAITJIE KABOUTER. "Dit was voorwaar soveel pret om aan Heksie te werk," sê Frans. "Verna se karakters is so geloofwaardig dat dit sommer baie maklik vir my was om vir hulle lewe op die verhoog te gee." Ana van Achterbergh speel Liewe Heksie. Botha Enslin speel onder andere die Geelheks, die Groot trol en Kwaaitjie Kabouter, Johnny Klein is Koning Rosekrans en Karel Kat en Debre Rossouw is Kwaaibabatjie en Blommie Kabouter. Die stelontwerp is deur Kosie Smit.

Swart is baie opgewonde om ook die produksie in die Kaap by KunsteKaap te kan aanbied. "Dit is wonderlik dat ons wel met die produksie kan toer en so ook die wonderwêreld van teater aan alle kinders kan bekendstel. Dit is vir ons so belangrik om hierdie tipe kinderteater te doen, want dit is die enigste manier hoe ons kinders weer terug in die teater gaan kry en hoe ons 'n nuwe generasie teatergangers gaan kweek. Met KunsteKaap se wonderlike toerusting en vakansietyd gaan dit beslis 'n lekker ervaring vir almal wees. "

Liewe Heksie toer tans die land vol. Om die produksie vir jou stad, dorp, skool of organisasie te bespreek, skakel gerus vir Charl by (011) 815 3000 of epos aan info@lefra.com Meer inligting by www.lieweheksie.co.za

PS Verna Vels het onlangs haar 80ste verjaarsdag gevier!



Comments

To post a comment, you must register and login.

Vote Sponsor


Videos