Skip to main content
My Shows
News on your favorite shows, specials & more!

Laurika Rauch Appears on Frans Swart's RENDEZVOUS Today

By:

Laurika Rauch is Frans Swart se gas op sy program, Rendezvous, hierdie Sondag 21 Julie vanaf 10:00 tot 13:00 op Oos-Rand Stereo 93.9FM. In die profielgedeelte van Rendezvous, nooi Frans bekendes om hulle eie musiekkeuse te kom voorspeel. "Die program is baie gewild, want ons leer regtig die bekendes deur hulle musiek en ook wat sekere snitte in hulle lewens beteken het. Die proses is so lekker vir radio, want mense gesels baie maklik oor musiek," sê Swart.

Laurika het besluit om net Afrikaanse musiek te speel. "Afrikaanse musiek is die beste musiek in die wêreld en die kunstenaars wat ek gekies het, is van internasionale standaard. Ek is baie trots op my mede Afrikaanse kunstenaars," sê Rauch.

Laurika speel onder andere HEMEL OP TAFELBERG van Kurt Darren, SAL JY BLY deur Theuns Jordaan, EK HET GEDROOM deur Amanda Strydom, AS MUSIEK BEGIN SPEEL deur Karen Zoid en nog vele meer lekker Afrikaanse liedjies. Laurika Rauch tree in vanjaar se Afrikaanse Musiekfees 12 op by Carnival City se Big Top Arena op 27 Julie.

Rendezvous is 'n lekker vermaak- en leefstyl program. In Sondag se program gesels Frans Swart ook met Bennie Howard oor kos- en wynsake, daar is 'n eksklusiewe onderhoud uit Praag oor SA se Mej Dowe Kompetisie se deelname aldaar en daar is elke week 'n lekker unieke resep vir die Sondagmaal. Die Rendezvous-resep word verder aangevul deur lekker musiek en opwindende kompetisies.

Frans Swart is vanjaar ook deur die ATKV bekroon met 'n ATKVeertjie as Beste Omroeper vir sy program Rendezvous. Oos-Rand Stereo kan gehoor word op 93.9FM of op die internet by www.939.co.za Oos-Rand Stereo is ook op alle selfoon APPS. Meer inligting is beskikbaar by www.939.co.za.

Don't Miss a South Africa News Story
Sign up for all the news on the Summer season, discounts & more...


BroadwayWorld TV


Audition Workshop in South Africa Audition Workshop
Pinelands Players (7/25-7/25)
MAMMA MIA! The Musical! in South Africa MAMMA MIA! The Musical!
Teatro at Montecasino (10/16-11/22)
Max Angioni - ANCHE MENO – ROUND FINALE in South Africa Max Angioni - ANCHE MENO – ROUND FINALE
Piazza Europa (7/22-7/22)
MAMMA MIA! in South Africa MAMMA MIA!
Artscape Theatre (9/03-10/11)
HIGHLIGHTS in South Africa HIGHLIGHTS
Homecoming Centre (8/26-8/29)
NDLOVU YOUTH CHOIR in South Africa NDLOVU YOUTH CHOIR
Teatro at Montecasino (7/29-8/02)
Stand up Comedy in broken English  Victor Patrascan in Johannesburg in South Africa Stand up Comedy in broken English Victor Patrascan in Johannesburg
Wits Theatre Complex (7/18-7/18)
Hercules in South Africa Hercules
Fairtree Atterbury Theatre (7/09-7/19)
Ramp It Up in South Africa Ramp It Up
Pinelands Players (7/17-7/18)
Stand up Comedy in broken English - Victor Patrascan in Cape Town in South Africa Stand up Comedy in broken English - Victor Patrascan in Cape Town
The Outlore Base (7/16-7/17)