Hennie Smit (71) na al die jare terug op die verhoog in MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, 4/2-5

By: Mar. 29, 2014
Enter Your Email to Unlock This Article

Plus, get the best of BroadwayWorld delivered to your inbox, and unlimited access to our editorial content across the globe.




Existing user? Just click login.

Akteur, sanger en baie bekende Bertjie van EGOLI, Hennie Smit, is na al die jare terug op die verhoog in Lefra Produksies se nuwe klug, MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, wat eersdaags by die ABSA KKNK in Oudtshoorn premiére. MY BOETIE SE SUSSIE SE OU speel van 2 - 5 April 2014 by die Weermag Ouditorium in Oudtshoorn volgens die volgende skedule:

· 2 April om 13:00

· 2 April om 17:00

· 3 April om 20:30

· 4 April om 09:00

· 5 April om 17:00

· 5 April om 20:00

Besprekings vir al die vertonings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel, of op die webwerf www.computicket.com. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte 'n lekker afslag deur Lefra Produksies te skakel by 011 815 3000 of stuur 'n e-pos aan admin@lefra.com. Ons stel ook vertonings by die bogenoemde venues beskikbaar aan organisasies wat dit wil gebruik as fondsinsamelingsprojek. Belangstellendes kan Monica kontak by die bogenoemde nommer, of 'n e-pos stuur aan admin@lefra.com. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.myboetie.co.za

Hennie het drama studeer aan die Goudstad Onderwyskollege en het tydens sy studies in die destydse Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste se operakore gesing, en het sy stem verleen aan verskeie rolle op radioproduksies vir Springbok Radio en die SAUK. Hennie het sy debuut gemaak in die rolprent Pretoria, o Pretoria! in 1979, en het daarna in 32 ander filmrolle verskyn, waarvan ses internasionaal was. Daarna het hy vir langer as 20 jaar die rol van Bertie in MNet se sepie, EGOLI - PLEK VAN GOUD, gespeel.

"Franz Marx, die vervaardiger, skrywer en regisseur van EGOLI, het spesiaal die rol Bertie vir my geskryf," sê Hennie. "En Bertie het vir twingtig jaar so deel van my lewe geword. Snaaks, ek kon Bertie eers speel as ek in sy klere geklim het. Op die eerste dag op die Egoli stel, vra ek toe ewe wys vir Franz, maar wie en wat is die karakter, Bertie. Hoe moet ek hom speel? En Franz kom toe terug met die antwoord - speel net die blerrie karakter. Jy sal hom kan speel, want ek het hom spesiaal vir jou geskep. En so is Bertie gebore en het totale volksbesit geword!" Hennie voeg by dat mense geleef het vir EGOLI en ons het die wonderlikste terugvoering gekry.

"Na al die jare se televisie is ek terug op die verhoog en dit op 71 in die rol van Dêda! Dêda is 'n heerlike karakter wat alles in MY BOETIE SE SUSSIE SE OU nog verder kom omkrap en vertroebel," vertel Hennie. "Maar boeta, was ek bang! Jy weet op televisie skiet mens toneeltjie vir toneeltjie en dan vergeet jy wat jy gedoen het. Met 'n toneelstuk of 'n klug soos MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, is dit 'n heel ander ball game. Jy moet elke aand totaal konsentreer en in beheer bly. En timing! Man elke sekonde tel en kan 'n toneeltjie maak of breek. Dit was wonderlik om met Frans Swart as regisseur te werk. Hy gee om vir sy spelers en met soveel geduld kry hy presies wat hy uit die spelers wil hê. Ek is verskriklik opgewonde en ek glo die mense gaan die stuk vreeslik geniet. Wel, ons het pret op die verhoog ... elke minuut!"

Ander spelers in MY BOETIE SE SUSSIE SE OU is David Rees (John), Botha Enslin (Stanley), Ana van Achterbergh (Mary), Cindy Swanepoel (Barbara), Anel du Plessis (Vicky) en Francois van Rensburg (Gavin).

In MY BOETIE SE SUSSIE SE OU ontmoet ons weer vir John Smith (David Rees), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Ana van Achterbegh) in Highgate gewoon het... en ook met sy vrou Barbara (Cindy Swanepoel) in Finchley, net vier minute uitmekaar. Vicky (Anel du Plessis), John en Mary se dogter en Gavin, seun van John en Barbara Smith, ontmoet in 'n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend 'n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith... wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy kinders uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteits en geheimsinnige foonoproepe. En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Hennie Smit) opdaag vir 'n vakansie , is die gort behoorlik gaar.

Regisseur Frans Swart sê My Boetie se Sussie se Ou is natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou. "Daardie 'laugh per minute'. En dis presies wat ons met My Boetie se Sussie se Ou wil doen. Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne. Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat 'n mens beter laat ontspan as lag nie. En daarom is dit vir Lefra Produksies so 'n eer om hierdie produksie op te voer. Mense wil nie meer wroeg nie - daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed - ons mense wil lag. En dis juis wat My Boetie se Sussie se Ou gaan bring."

Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer. "Alhoewel dit uit 'n logistieke oogpunt 'n nagmerrie is om met so 'n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien."

Bespreek jou kaartjies vir My Boetie se Sussie se Ou nou by Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com. Vir groepbesprekings en gasvryheidspakkette, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur 'n e-pos naadmin@lefra.com

Kyk hier na 'n tong in die kies video oor MY BOETIE SE SUSSIE SE OU:

https://www.youtube.com/watch?v=A4GOupZsjOY


Vote Sponsor


Videos