Lefra Produksies to Present The Cave of Hero

By: Aug. 28, 2016
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

Lefra Produksies doen dit weer! 'n Splinternuwe "grotproduksie" is oppad - Groet die Grotheld met Cobus Venter. Lefra Produksies hou steeds die rekord in die Suid-Afrikaanse teaterwese met Groet die Grotman, wat vir langer as 10 jaar gespeel het met meer as 1,000 opvoerings Groet die Grotheld gaan in die Grotman se voetspore volg, alhoewel Groet die Grotheld totaal 'n splinternuwe produksie is en beslis geen opvolg op die Grotman nie. Dis so eg Suid-Afrikaans soos biltong, boerewors en natuurlik die Blou Bulle! Hierdie splinternuwe en oorspronklike teks is deur Suid-Afrika se eie klugkoning, Frans Swart geskryf. Swart hanteer ook die regie. Die produksie het 'n ouerbegeleiding vir taal. Groet die Grotheld besoek die Hoër Volkskool op Heidelberg op Donderdag, 1 September 2016 om 18:30. Besprekings kan gedoen word deur vir Ria Fourie te skakel by 083 564 1589. Groet die Grotheld word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines, McCarthy Volkswagen Arcadia, RSG, Sounds Good en die Varkfees.

Gert Struwig, gespeel deur die briljante Cobus Venter, is 'n rêrige-êrige Grotman. Hy is beslis nie 'n metroman nie. Naas die Bybel, is rugby sy grootste aanwyser. Hy beplan sy braais, sy gesin, sy partytjies en sy gesin se aktiwiteite rondom rugby. Sy lewe draai om rugby. Sy helde is rugbyspelers. Sy bestaan is rugby. 'n Eg tipiese Suid-Afrikaanse man! Skaterlag tye saam met die Grotheld en 'n komiese kykie na Suid-Afrikaanse rugby. Maar dan gebeur die lewe en Gert se bestaan word dramaties verander met sy eie vraag: "Is ek 'n Grotheld?"

Frans Swart, skrywer en regisseur van Groet die Grotheld sê dat die Grotheld nie 'n opvolg op Grotman is nie. "Beslis nie. Ons gebruik wel die hele oer-grotgewoontes wat vandag nog steeds in alle families en verhoudings relevant is as basis en die tema vir die produksie. Die lekkerte is dat ons 'n robuuste spel soos rugby gebruik as metafoor om die vraag te beantwoord: Is ek my seuntjie se held?" sê Swart. Gert Struwig is die Grotheld. Gert is ook 'n Bloubul en sy hele bestaan gaan om rugby - wat natuurlik lekkerlagtye tot gevolg het. Maar dan is daar ook 'n kinkel in die kabel! Wilna Esterhuysen wat Grotheld op die Oppiwater Kunstefees gesien het, sê: "Grotheld het my laat lag en Grotheld het my laat huil."

Oor die laaste dertien jaar trap Cobus Venter diep spore as sanger en akteur met hoofrolle in musiekblyspele soosMy Fair Lady, Fiddler On The Roof, Dis Hoe Dit Was, Ons Vir Jou, Shaka Zulu, Jock of the Bushveld, Tree Aan!, Ester Die Musical, Cinderella, Jesus Die Musiekblyspel en Droomkind. In 2010 word hy twee keer genomineer vir 'n Mercury Durban Theatre toekenning - as Don Quixote in Man of La Mancha en as Freddy Einsford-Hill in My Fair Lady - wat hy wen vir sy vertolking van Freddy. Cobus maak ook sy merk op die dramaverhoog in produksies soosSiener In Die Suburbs (KKNK 2002), Swaelduif (KKNK 2003) en Full Circle in 2006. As iemand wat daarvan hou om mense te laat lag wys hy ook sy slag in klugte: Knypie Op Die Kant en Knypie 2: 'n Dubbeldosis. Sy hoogtepunte as klassieke tenoor sluit in: die Afrikaanse Oratorium, Die Skepping en die rol van posmeester Smit in die nuwe Afrikaanse opera, Poskantoor, wat onlangs as beste produksie by Aardklop 2014 bekroon is. Hy het die rol van Tom Koekemoer vertolk in verlede jaar se My Boetie se Boetie se Boetie se Baba en is vanjaar te sien in die hoofrol inDaa' Gaat die Bruid! onder regie van Frans Swart.

Frans Swart, wat al gedoop is as Suid-Afrika se "klugkoning" het Groet die Grotheld geskryf. Frans was natuurlik instrumenteel in die sukses van Groet die Grotman terwyl hy egter ernstig is dat die Grotheld se verhaal hoegenaamd nie 'n opvolg is op Grotman nie. Frans het reeds diep spore getrap in die Afrikaanse teaterwese. Hy het die regie van verskeie suksesvolle klugte en toneelstukke hanteer soos My Vrou se Man se Vrou, My Vrou se Man se Lyk se Tas, My Boetie se Sussie se Ou, My Boetie se Boetie se Boetie se Baba, Daa' Gaat die Bruid! en Liewe Heksie. Swart is ook die organiseerder van die baie suksesvolle Oppiwater Kunstefees.

Groet die Grotheld gaan regoor die land opgevoer word. Van die meeste feeste het reeds Groet die Grotheld gekeur om by hulle te speel, maar enige kerk, skool of diensorganisasie is welkom om die Grotheld te bespreek by Lefra Produksies. Skakel (011) 815 3000 of epos aan info@lefra.com. Meer inligting by www.lefra.com



Videos