Openingsaand van MY VROU SE MAN SE LYK SE TAS by Emperors Palace se Theatre Marcellus - Sosiale Foto's Lefra Produksies se trefferklug, MY VROU SE MAN SE LYK SE TAS het onlangs by Emperors Palace se Theatre Marcellus geopen. Die lekker klug speel nog tot 27 Oktober by Emperors Palace. Kaartjies kan bespreek word by Computicket 0861 915 8000 of www.computicket.com Groepe meer as 10, skakel vir Monica by (011) 815 3000 of besoek www.myvrou.co.za
Ray Cooney se Funny Money is meesterlik in Afrikaans vertaal deur Peet van Rensburg as My Vrou se Man se Lyk se Tas en onder die regie van Frans Swart. Die produksie het al vir vol teaters en feeste regoor Suid-Afrika gespeel. Hierdie is natuurlik een van Cooney se baie suksesvolle klugte op Londen se Westend en word vir die heel eerste keer in Suid-Afrika aangebied.
Chris van Niekerk vertolk die hoofrol, Henry Perkins, 'n tipiese voorstedelike rekenmeester. Behalwe dat dit sy verjaarsdag is, is Henry soos gewoonlik met die middagtrein oppad huistoe, waar hy en sy vrou Jean
(Lulu Botha) 'n gesellige verjaarsdagete saam hulle beste vriende, Vic en Betty Johsnon (Chris van Rensburg en Amalia Uys) beplan. Henry ruil per ongeluk sy briewetas met die van 'n ander persoon op die trein om, net om
later uit te vind dat die tas 'n klein fortuin bevat! Hy vertel sy niksvermoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar sy hanteer dit nie so goed soos Henry gedink het nie! Gou sluit die Johnsons by hulle aan, tesame
met 'n polisieman wat agter die deur staan (Paul Lückhoff as Speursersant Davenport), nog 'n polisieman op die uitkyk (Botha Enslin as Speursersant Slater), 'n taxibestuurder genaamd Bill (Duncan Johnson) en die gevreesde
misdaadbaas (Phillru van Achterbergh) wat gekom het om sy fortuin terug te eis... Voorsienbaar, gryp die onvoorsiene in en wat volg is 'n dolle vaart van histeriese humor!

Bert en Annette Pretorius

Chris van Rensburg, Botha Enslin, Chris van Niekerk, Julie van Wyk, Duncan Johnson, Debre Rossouw

Chris van Rensburg en Amalia Uys by Oos Rand Stereo se Mascot - DJ Mike

Duncan Johnson, Hugo Hewitt en Botha Enslin

Frans Swart Rina Hugo Johan van Rensburg

Henry Brunette, Angeline Morokoane, Pedro Fernando, Chanel Joubert


Lance James, Frans Swart, Alfie Reid

Lula Botha en Nadine Harmse

Lul Botha, Retha Potgieter, Annette van Schalkwyk, Chris van Niekerk en Duncan Johnson

Phillru van Achterbergh, Debre Rossouw, Ana van Achterbergh en Botha Enslin

Retha Potgieter en Duncan Johnson

Rina Hugo, Johan van Rensburg, Nigel Atherton, Lance James, Mara van der Bergh

Videos