Frans Swart speel Sakkie, die Springbok in die Suid-Afrikaanse animasierolprent, KHUMBA

By: Nov. 26, 2013
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

Regisseur Bettie Kemp en Frans Swart by Sakkie, die Springbok in KHUMBA

Die Suid-Afrikaanse animasierolprent, Khumba, het onlangs by teaters begin draai en fliekgangers gaan vir die eerste keer die geleentheid hê om - driedimensionele animasieprent in Afrikaans te sien.

Khumba speel af in die Karoo en vertel die storie van - sebra wat net met die helfte van sy strepe gebore word. Sy bygelowige trop glo dat die droogte wat die land getref het, Khumba se skuld is. Khumba gaan dan op - avontuur op soek na - bonatuurlike watergat om die res van sy strepe te kry.

Hoewel die rolprent aanvanklik met internasionale akteurs soos Jake T Austin en Liam Neeson opgeneem is, is daar besluit om die animasieprent ook in Afrikaans vry te stel. Onder die regie van Bettie Kemp vertolk die Afrikaanse komediant, Hannes Brummer, die rol van Khumba. Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies en regisseur van baie gewilde produksies soos MY VROU SE MAN SE VROU, LIEWE HEKSIE en MY VROU SE MAN SE LYK TAS speel die rol van Sakkie, die Springbok. "Ek is vreeslik trots op hierdie rolprent - veral omdat dit in Suid-Afrika vervaardig is en nie 'n tree hoef terug te staan vir Hollywood se tekenprente nie. Inteendeel, KHUMBA is beter!" sê Swart. "Ek het dit vreeslik geniet om Sakkie, die Springbok te speel. Daar is vreeslik baie gespot met ons rugbykultuur en vir my was dit louter lekkerkry." Frans speel gereeld in radiodramas en het vroeër jare baie oorklanking gedoen. Hy is ook 'n bekende omroeper op Oos-Rand Stereo 93.9FM en het vanjaar die ATKV Veertjie Mediaprys gewen as beste omroeper by 'n Gemeenskapsradiostasie in SA.

"Ek is opgewonde om te sien hoe dit alles bymekaar kom en kan my net indink dat dit ? hele nuwe vlak van humor en egtheid aan die rolprent gee," sê Anthony Silverston, die regisseur van Khumba.

Triggerfish Animation Studios is in Kaapstad gebaseer en Khumba is die tweede rolprent wat dié maatskappy vervaardig nadat hulle verlede jaar Adventures in Zambezia vrygestel het.



Comments

To post a comment, you must register and login.

Vote Sponsor


Videos