tracker
My Shows
News on your favorite shows, specials & more!
Home For You Chat My Shows (beta) Register/Login Games Grosses

Verlowing op MY BOETIE SE SUSSIE SE OU

By: May. 20, 2014

Groot was die verrassing Saterdag vir Liza-Mari Beukes van Kempton Park toe haar vriend, Adriaan Janse van Rensburg, ook van Kempton Park haar gevra het om verloof te raak op die stel van MY BOETIE SE SUSSIE SE OU wat tans by Emperors Palace se Theatre of Marcellus speel.

Adriaan het die Uitvoerende Hoof van Lefra Produksies geskakel om te hoor of hy vir sy meisie kan vra om te trou tydens die vertoning van MY BOETIE SE SUSSIE SE OU. "Ek moes mooi dink hoe ons dit gaan doen, want uit die aard van die saak kan ons dit nie in die produksie doen nie. Ons het toe besluit om dit direk na die buiging te doen. En dit was 'n heerlike ervaring vir die gehoor en spelers om die wonder van die liefde te ervaar," sê Frans.

Hennie Smit wat die rol van Dêda vertolk het vir Adriaan verhoog toe geroep om iets te sê waarna Adriaan vir Liza-Mari verhoog toe geroep het. Daarna het hy op sy knieë gegaan, die ring uitgehaal en haar gevra om met haar te trou. Gelukkig het sy onmiddellik JA gesê. Groot applous het daarna van die gehoor en spelers gekom.

Adriaan sê hy was vreeslik senuweeagtig, maar baie verlig dat sy onmiddellik JA gesê het. "Ek was so op my senuwees, dat ek werklik niks kan onthou wat in die show gebeur het nie. Ek sal weer moet kom kyk," sê Adriaan.

MY BOETIE SE SUSSIE SE OU met Hennie Smit, David Rees, Cindy Swanepoel, Ana van Achterbergh, Botha Enslin, Anel du Plessis en Francois van Rensburg, speel nog by Emperors Palace se Theatre of Marcellus tot 1 Junie. Besprekings by Computicket.

Regional Awards
South Africa Awards - Live Stats
Best Musical - Top 3
1. JOSEPH (Theatre on the Bay)
38.6% of votes
2. MY FAIR LADY (Artscape Arena)
27.4% of votes
3. THE ROCKY HORROR SHOW (Elizabeth Sneddon Theatre)
18.5% of votes

Don't Miss a South Africa News Story
Sign up for all the news on the Fall season, discounts & more...


Videos