Laurika Rauch and Chris Chameleon Set for African Music Festival 12, July 27

By: Jul. 15, 2013
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

Dit is alweer Afrikaanse Musiekfees tyd by Carnival City. Vanjaar word hierdie jaarlikse Afrikaanse Musiekfees op 27 Julie aangebied - reeds in sy twaalfde uitverkoopte jaar. Afrikaanse Musiekfees 12 spog werklik vanjaar met die grootste lys van kunstenaars ooit - meer as 19 kunstenaars op een verhoog! "Dit maak van Afrikaanse Musiekfees 12 een van die grootste musiekfeeste in die land," sê Frans Swart, regisseur en vervaardiger van die produksie.

Vanjaar se Afrikaanse Musiekfees 12 spog met top kunstenaars soos Laurika Rauch, Chris Chameleon, Randall Wicomb, Rocco de Villiers, Adam Tas, Anton Myburgh, Anneke Hanekom, Arina de Witt, Coert Grobbelaar, Dirk van der Westhuizen, Elvis se Seun, Heuning, Karlien Husselman, Kobus Muller, Lee Scott, Liefste Kayla en Tobi Jooste. Die aanbieders is Amalia Uys van SewendeLaan en Ettienne Ludick, aanbieder op RSG.

Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of www.computicket.com Groepe meer as 10 kry 'n lekker afslag - skakel (011) 815 3000. Indien skole, kerke, klubs en diensorganisasies van die produksie gebruik wil maak om fondse in te samel, skakel gerus vir Charl Senekal by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com Meer inligting beskikbaar by www.lefra.co.za

Vir die afgelope elf jaar, het die Afrikaanse Musiekfees elke jaar uitverkoop. Meer as 38 000 mense het die produksie die afgelope jare bygewoon, daar was meer as 22 aanbieders en meer as 198 sangers wat opgetree het.

Frans Swart, regisseur en vervaardiger van Afrikaanse Musiekfees 12 sê dat dit nie 'n verskeidenheidskonsert is nie, maar 'n volle produksie. "Dit was deur die jare vir my baie belangrik dat ons hierdie Afrikaanse Musiekfees in 'n totale produksie aanbied. Dit word totaal geteks. Kunstenaars sing met mekaar saam en dit gee ook die geleentheid om nuwe samewerking tussen kunstenaars te ontdek en uit te bou." Swart sê hy is baie opgewonde oor vanjaar se kunstenaars. "Elke jaar wonder mens, hoe gaan ons op die vorige jaar se musiekfees verbeter. Ek is werklik opgewonde oor die verskeidenheid van kunstenaars wat gaan optree. Vir die eerste keer in elf jaar, tree Laurika Rauch in Afrikaanse Musiekfees 12 op. Dit op sigself maak my vreeslik opgewonde, maar dan het ons werklik 'n lekker verskeidenheid om vir elkeen se smaak te bevredig. Dit is ook vir Lefra Produksies belangrik om elke jaar 'n paar splinternuwe kunstenaars aan die publiek bekend te stel. Ek is werklik opgewonde oor kunstenaars soos Dirk van der Westhuizen, Anneke Hanekom, Elvis se Seun, Heuning en Liefste Kayla."

Bespreek by Computicket.



Comments

To post a comment, you must register and login.
Vote Sponsor


Videos