My Shows
News on your favorite shows, specials & more!

Alexander Upstairs Presents Die Konings

By:

Alexander Upstairs Presents Die Konings Image

Bo en behalwe die feit dat "Die Konings" die nuutste en hotste ding in die Afrikaanse musiek-industrie is, is hulle boonop besonders talentvol daarby (of so glo hulle). Met treffers soos "onder by die whiskey bar", "die Kersfees tossel" en "spuit?" het hulle besluit om die land plat te toer met hulle eerste full blown show "Die Konings". Bel maar solank vir Ouma en vra of sy die kinders sal babysit, want een ding is seker; liedjies soos "jou lekker tjops maak my honger pops" móét jy eenvoudig live sien.

Op 'n minder ernstige noot: "Die Konings" is 'n werkswinkel kabaret wat trek uit die tradisies van drag kings en improvisasie-komedie. Anoecha Krüger, Marelize Viljoen en Elisha Zeeman gebruik hulle manlike alter-ego's om 'n skreeusnaakse satire te skep uit seks, geloof, politiek, en alles tussen in. Omdat die gehoor se bydra so belangrik is beloof elke optrede om 'n unieke ervaring te wees.

Louis Roux is 'n Johannesburgse skrywer van toneelstukke, kort fiksie en ironiese sterretekens. Hy hoop om een dag mediese fonds te kan bekostig.

Andrico Goosen is een van die stigterslede van The Loft Puppet Co. en het onlangs klavierlesse opgeneem.

Talíta Beyl werk as ? wetenskaplike in Johannesburg, waar sy laat in die middernagtelike ure liedjies komponeer vir kabarette en ander avant-garde eksperimentele teaterstukke.

Elisha Zeeman word beskou as ? professionele lesbiër. Haar stokperdjies sluit in: stryk, die Huisgenoot lees en voice notes stuur.

Marelize Viljoen kom van Vredendal (Anna-Mart van der Merwe se geboortedorp).

Anoecha Krüger is die enigste een met 'n legitimate bio.

Book securely online with a credit card for any show at Alexander Upstairs by visiting shows.alexanderbar.co.za or reserve your ticket without paying (but miss out on the discount)

The direct booking page for this particular show is alexanderbar.co.za/show/diekonings






Don't Miss a South Africa News Story
Sign up for all the news on the Spring season, discounts & more...


Videos


MAMMA MIA! in South Africa MAMMA MIA!
Artscape Theatre (9/03-10/11)
MAMMA MIA! in South Africa MAMMA MIA!
Artscape Opera House (9/03-10/11)
MAMMA MIA! The Musical! in South Africa MAMMA MIA! The Musical!
Teatro at Montecasino (10/16-11/22)
Audition Workshop in South Africa Audition Workshop
Pinelands Players (7/25-7/25)
MAMMA MIA! The Musical! in South Africa MAMMA MIA! The Musical!
Artscape Opera House (9/03-10/11)
MAMMA MIA! The Musical! in South Africa MAMMA MIA! The Musical!
Artscape Theatre (9/03-10/11)
Enrico Brignano - Bello di Mamma 2026 in South Africa Enrico Brignano - Bello di Mamma 2026
Mapo Club (9/01-9/01)
Swan Lake in South Africa Swan Lake
Teatro at Montecasino (8/07-8/21)
Ramp It Up in South Africa Ramp It Up
Pinelands Players (7/17-7/18)
031 Theatre Festival in South Africa 031 Theatre Festival
Seabrookes Theatre (6/04-6/14)