"Sorina is die Flooze" Plays the Barnyard's Cresta & Menlyn Theatres, 6/14 & 6/17

By: Jun. 12, 2010
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

Die Flooze is hier in lewende lywe, jy het die Wille Witbank Flooze in 7de Laan gesien waar sy haar Kommin streke uithaal. Kom ervaar haar nou in lewende lywe as sangeres as Sorina en as Flooze op die verhoog waar Sorina haar cool songs vir you sing. En besluit dan self hoe Kitch of Classy Sorina en haar alter ego Flooze regtig is! Jy word net miskien verras, my tjomma!

Sorina is die flooze - Hoezit my Tjomma - Die land se enigste Witbank Flooze toer die land vol met haar "Hoezit my Tjomma" Toer- al die pad van Hillside op haar bromponie Flossie gaan sy soos altyd sorg dat daar heelwat opwinding gaan gebeur!! Net soos sy in SA se gunsteling sepie gesorg het vir baie vermaak en opwinding gaan sy ook die gehore van haar konsert verseker verras, iets wat jy nie wil mis loop nie! Jy kan haar nou persoonlik kom ontmoet, in haar Barnyard vertoning te Barnyard Menlyn, East Rand en Willowbridge Kaap.

So goed en gelowig soos wat Sorina ‘n kômmin Flooze kan uitbeeld, net so vroulik & fyntjies kan Sorina, die aktrise agter die wilde biker Flooze ook wees. So gemaklik soos sy die woorde "Hoezit my Tjomma" sonder skroming uitskree terwyl sy jou ‘n behoorlike klap op die rug gee, net so ernstig en diep kan hierdie slimkop, met ‘n meestersgraad in regte, ook wees.

En ja, jy ken haar dalk op die kassie as ‘n veelsydige aktrise, maar dis deesdae as sangeres & liedjieskrywer wat Sorina besig is om vinnig opgang te maak. Met haar nuwerwetse aanslag en skreeusnaakse lirieke oorrompel sy reeds gehore landswyd en laat hulle totaal vergeet van resessie en probleme!

As Sorina op die verhoog klim, kan jy egter wéét dat jy "entertain" sal word, want haar vertonings bied ‘n mengelmoes tussen Sorina en die Flooze en boonop iets van alles vir almal - van kômmin klanke vir classy mense tot cool tunes vir kitch tjommas. Die uniekheid van Sorina se vertonings is dat jy een oomblik droomverlore raak in haar mooi musiek, terwyl jy ‘n paar sekondes later jou verstom en vergaap aan die vlymskerp humor van die Flooze wat haar danspassies gooi op die gewilde "Flooze tune" Hoezit my Tjomma! Besprekings kan gedoen word by Barnyard. Vir konsert inligting sms Flooze na 34599 (R2-00 per sms)

Haar musiek video "Hoezit my Tjomma" is tans besig om die land aan die praat te hê, hierdie video kan nie op TV gesien word nie maar dit is eksklusief te kry wanner jy die CD Hoezit my Tjomma koop. Met die Flooze se terugkeer na die Laan het EMI, Sorina se platemaatskappy besluit om Sorina se cd ‘n nuwe baadjie te gee en aldus hervrytestel onder die titel Hoezit my Tjomma, ten einde die Flooze haar volwaardige plek op Sorina se album te gee. Met 3 nuwe Flooze snitte op die cd & ‘n gratis bonus dvd waarop onder andere haar splinternuwe musiekvideo van Hoezit my Tjomma pryk, beloof die cd reeds om groot opslae te maak wanneer dit die land se rakke soos ‘n Flooze-vuishou sal tref.

Showing at The Barnyard Menlyn on 14 June.
Doors open: 18h30 Show starts: 19h30 Tickets: R100pp

Showing at The Barnyard Cresta on 17 June
Show to starts @ 19h30 Tickets: R100pp

 



Videos