Bekroonde akteurs Chris van Niekerk en Pedro Kruger bring die toneelverwerking van Mitch Albom se internasionale topverkoper na die Kaap!
Morrie se storie, en die invloed wat dit op Tiaan het, is ‘n reis wat menige lewens verander. Wanneer Prof Morrie met ‘n terminale siekte gediagnoseer word, maak oud-student Tiaan weer kontak met hom en die twee begin kuier: elke Dinsdag tot en met Morrie se dood. En so bied bied hy sy laaste lesings aan: oor die liefde, vergifnis, familie en oor die dood.
Met patos en humor sien ons hoe Morrie se naderende dood Tiaan laat fokus op dit wat werklik belangrik is. Een van 2010 se teaterhoogtepunte!
Regisseur Hennie van Greunen
Verhoogbestuurder Jeanne Steenkamp
Aangebied deur Wordsmith's Theatre Factory
Venue: Arena
Date(s):
Dates Times
13 Apr 10 20:15
14 Apr 10 20:15
15 Apr 10 20:15
16 Apr 10 20:15
17 Apr 10 14:30
17 Apr 10 20:15
18 Apr 10 18:00
20 Apr 10 20:15
21 Apr 10 20:15
22 Apr 10 20:15
23 Apr 10 20:15
24 Apr 10 14:30
24 Apr 10 20:15
25 Apr 10 18:00
Price: R90
Pensioentrekkers & studente: 20% afslag op Dinsdae en Donderdae; 10% afslag van Vrydag tot Sondag Blokbesprekings: 10% afslag vir groepe van 10 of meer
Duration: ± 1,5 ure
For more information, click here.
Videos