Helen Bester bring met haar produksie Helen Bester sing Nana Mouskouri hulde aan di ikoniese Griekse sangeres. Bester se produksie is onder groot toejuiging by die Oppiwater Kunstefees in 2019 bekendgestel. Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie deur Heinrich Pelser. Helen Bester sing Nana Mouskouri word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren-wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings.Ek het nog altyd daarvan gedroom om n Nana-vertoning te doen. Ek is mal oor haar stem, en ek en my sussie het met haar musiek grootgeword, vertel Helen. Ons het regtig gedink dat sy n vriendin van my ma was. My ma en sy lyk so eenders. Tog dink ek dat die tyd n eers vir my ryp is om die vertoning te doen. Ek glo nie dat ek di musiek tien jaar gelede s goed sou kon interpreteer nie. My stem is ook nou ouer en klink dalk meer volwasse, wat ek glo meer by haar teikengehoor aanklank vind. Ek het haar musiekvideos oor en oor gekyk om te kyk hoe sy op die verhoog beweeg, wat sy met haar hande doen en hoe sy n gehoor aanspreek. Mens wil dit tog so geloofwaardig moontlik maak. Regisseur Frans Swart stem saam. Toe Helen my oor hierdie projek nader, was ek dadelik opgewonde. Wie is dan nou beter as die talentvolle Helen om hulde aan die tydlose en elegante Nana Mouskouri te bring? Ages: alle ouderdomme