RSG en LEFRA PRODUKSIES bied aan die eerste Afrikaanse Kunstefees op Starlight Cruises se nuwe skip, die MSC Opera, 17-21 Maart

By: Mar. 06, 2014
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

RSG en LEFRA PRODUKSIES bied met trots aan - die eerste volwaardige Afrikaanse Kunstefees op Starlight Cruises se nuwe skip, die MSC Opera. Hierdie lekker OPPIWATER KUNSTEFEES vaart sal plaasvind van 17-21 Maart. OPPIWATER besoek onder andere Maputo en die Portugese eilande. Die res van die tyd hou ons Afrikaanse Kunstefees vir die fynproewer met van die voorste kunstenaars, produksies, toneel, komedie, kabaret en musiekproduksies. Dis uniek - 'n kunstefees op 'n drywende hotel met sy pragtige teater en verskillende kleiner venues.

Magdaleen Kruger, Stasiebestuurder van RSG en Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies het een oggend ontbyt geëet om te gesels oor 2014 se beplanning. Daar is gesels oor wat RSG en LEFRA saam kan doen wat uniek is. Eers sê Magdaleen: "Wat van 'n spesiale Kunstefees?" En Frans haak af en sê: "Maar wat van 'n Kunstefees op 'n luukse skip?" En so is die Oppiwater Kunstefees op die MSC Opera gebore.

Die Oppiwater Kunstefees op die MSC Opera spog met die room van Suid-Afrika se vermaaklikheidswese. Laurika Rauch doen haar GROOTSTE TREFFERS-konsert. Sandra Prinsloo is te sien in OSKAR EN DIE PIENK TANNIE en Koos Kombuis tree ook OPPIWATER op in sy produksie, KOOS KOMBUIS. Lefra se nuwe klug, MY BOETIE SE SUSSIE SE OU deur Ray Cooney met onder andere David Rees en Hennie Smit premiere ook op die boot met regie deur Frans Swart. Kom lag lekker vir Hannes Muller in Groet die Grotman. Liewe Heksie vaar (vlieg) ook saam met twee splinternuwe verhoogproduksies, LIEWE HEKSIE EN DIE TUINDWERGIE en LIEWE HEKSIE EN BOTTERBLOM wat spesiaal vir Lefra deur Verna Vels geskryf is en vir die verhoog verwerk is deur Frans Swart. Die Supersterre wenner, Kobus Muller doen sy produksie oor Engelbert Humperdinck en Alwyn Oberholster bring hulde aan Neil Diamond in BEAUTIFUL NOISE. Koos van der Merwe se LEONARD COHEN IN AFRIKAANS word ook aangebied.

RSG aanbieders, Amoré Bekker en Martelize Brink lewer wonderlike inspireringspraatjies en Derrich Gardner is jou gasheer met die dekpartytjie.

Die volledige program is beskikbaar by www.oppiwater.co.za

"Hierdie is 'n unieke konsep," sê Swart. "Nog nooit is daar 'n volwaardige Afrikaanse Kunstefees op 'n boot gehou nie. Die lekker van so 'n Kunstefees is dat alles natuurlik op hierdie luukse drywende hotel aangebied gaan word. Jy stap dus letterlik van een venue tot die volgende een. Jy hoef nie van venue na venue te jaag nie. En jy hoef ook nie bekommerd te wees dat jy nie betyds by die volgende produksie gaan uitkom nie."

Die OPPIWATER KUINSTEREES besoek Maputo, die hoofstad van Mosambiek. Die volgende dag word daar aangedoen by die Portugese eilande waar jy LM Prawns kan eet en op verskeie ekskursies kan gaan.

'n Ware Kunstefees - Oppiwater Kunstefees! Sien jou op Die Opera! Bespreek by www.oppiwater.co.za of skakel 087 075 0889



Videos