Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie

By: May. 09, 2014
Enter Your Email to Unlock This Article

Plus, get the best of BroadwayWorld delivered to your inbox, and unlimited access to our editorial content across the globe.




Existing user? Just click login.

As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir 'n oomblik in John Smith se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vroumet twee vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou is dit agtien jaar later en hou John steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, beide dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Maar wanneer sy twee tieners, 'n dogter van die een gesin en 'n seun van die ander, mekaar op 'n internetkletskamer raak gesels en angstig besluit om mekaar in die persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat, en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou.

My Boetie se Sussie se Ou is Pierre van Pletzen se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se Caught in the Net, en onder die regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart. My Boetie se Sussie se Ou speel by Emperors Palace se nuwe Theatre Marcellus van 13 Mei tot 1 Junie 2014. Besprekings by Computicket 0861 915 8000 of www.computicket.com of besoek www.myboetie.co.za. Groepe meer as 10 kry lekker afslag, skakel Monica (011) 815 3000. As jy fondse wil insamel met MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, skakel gerus vir Charl by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com.

Die produksie besoek vanjaar teaters en feeste regoor Suid-Afrika, en maak selfs 'n draai in Namibië. Die toerprogram lyk so:

v 13 Mei tot 1 Junie 2014 | Marcellus-teater, Emperors Palace, Kempton Park

v 2 tot 5 Julie 2014 | Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees, Nelspruit

v 7 tot 13 Julie 2014 | Sand du Plessis Teater, Bloemfontein

v 2 tot 12 September 2014 | Arena, Die Staatsteater, Pretoria

v 14 tot 20 September 2014 | Nasionale Teater, Windhoek, Namibië

v 18 tot 20 Desember 2014 | ATKV Walvissaal, Hartenbos, Mosselbaai

In My Boetie se Sussie se Ou ontmoet ons weer vir John Smith (David Rees), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Ana van Achterbegh) in Highgate gewoon het... en ook met sy vrou Barbara (Cindy Swanepoel) in Finchley, net vier minute uitmekaar. Vicky (Anel du Plessis), John en Mary se dogter en Gavin, seun van John en Barbara Smith, ontmoet in 'n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend 'n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith... wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy kinders uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteits en geheimsinnige foonoproepe. En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Hennie Smit) opdaag vir 'n vakansie , is die gort behoorlik gaar.

Meeste Suid-Afrikaners sal David Rees onthou as Nick Naudé in die televisiereeks Egoli - Plek van Goud, 'n rol wat hy agtien jaar lank vertolk het. Alhoewel David hoofsaaklik Engelssprekend is, het hy destyds nie gehuiwer nie toe Franz Marx die rol in Egoli - Plek van Goudvir my aangebied het nie. Meer onlangs was hy te sien as Boetjan Cilliers in Deon Opperman se Hartland. Die verhoog is beslis nie vir hom onbekend nie, en teaterhoogtepunte sluit in Susters van Eva en Dikker as Water. David is deesdae ook betrokke by die Pay it Forwardinisiatief en die belangrikste persoon in sy lewe is sy dogter, Wanya. David verduidelik sy vaderskapfilosofie as volg: "Ek wil my dogter leer dat enige iets moontlik is. Geloof in haarself begin by 'n goeie selfbeeld. Ek hoop ek kry dit reg om haar met 'n goeie selfbeeld groot te maak." Sy raad aan opkomende akteurs: hê die vermetelheid om jou hart te volg.

Nog 'n bekende gesig van Egoli - Plek van Goud, is Hennie Smit, wat te sien was in die rol van Bertie. Hennie het drama studeer aan die Goudstad Onderwyskollege en het tydens sy studies in die destydse Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste se operakore gesing, en het sy stem verleen aan verskeie rolle op radioproduksies vir Springbok Radio en die SAUK. Hennie het sy debuut gemaak in die rolprentPretoria, o Pretoria! in 1979, en het daarna in 32 ander filmrolle verskyn, waarvan ses internasionaal was.

Ana van Achterbergh het haar B-Tech Diploma in Drama en Film verwerf aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) in Pretoria. Haar liefde en passie vir drama kom al van kleintyd af waar sy op laer- en hoërskool aan elke kunswedstryd en eistedfodd deelgeneem het, kultuurstêr geword het en die toekenning as beste redenaar en akteur in haar Hoërskool. Toe sy elf-jaar oud was, het sy die drama afdeling op die televisieprogram Star Search gewen. Ana is natuurlik ook Suid-Afrika se Liewe Heksie, en speel reeds sedert 2010 in die produksie. Ana was voorheen radio omroeper by Oos-Rand Stereo 93.9FM, het die regie van verskeie ATKV-tonele behartig en kortfilms geskryf, maar dis die rol van Mary Smith wat sy as 'n definitiewe loopbaanhoogtepunt beskou.

Anel du Plessis het haar diploma aan die Spraak- en Dramagilde van Suid-Afrika verwerf, en bestuur haar eie dramaskool in Pretoria vir die afgelope drie jaar. Sy het 'n hele aantal kinderproduksies geskryf en die regie daarvan waargeneem, waaronder Aap uit die mou, Die Kersfeesboks, Sprokie en Rymklets Karnaval en Honkedonk en Lappelop. In 2012 het sy by Rooi Drom Produksies-toneelgeselskap aangesluit, en vertolk rolle in hulle klugte Die Waterwyser en Die Proponentjie, wat onderskeidelik by die Atterbury- en Brooklynteaters opgevoer was. In 2013 deel sy die verhoog met Hannes Brümmer (te sien in 2012 se My Vrou se Man se Vrou) en Melt Sieberhagen in die skerpsketsproduksie Rocken Skerp.

Die talentvolle Botha Enslin het in 2003 sy dramakwalifikasie aan die Technikon van Pretoria (nou TUT) verwerf en was die afgelope paar jaar veral besig met kinderteater, met bykans 30 van die produksies onder die belt. "Kinderteater leer 'n kind om in hierdie tyd van hoë tegnologie weer kind te wees," sê Botha. "Dit laat 'n kind droom en verbreed sy verbeeldingswêreld". Botha was sedert 2010 (en is steeds!) te sien in Lefra Produksies se Liewe Heksie, waarin hy 'n paar rolle vertolk. Behalwe sy optredes in kinderproduksies, was Botha onder andere te sien in Houtkruis - Die Musical en Jonathan Taylor se 2010 produksie Dogs of the Blue Gods. Hy is 'n bekende gesig op televisie met verskeie advertensies agter sy naam, en rolle in die onder andere die sepies Generations en Rhythm City, en natuurlik as die fopdosser Thalula in Erfsondes! Hy het ook die rol van Speurdersersant Slater vertolk in verlede jaar se klug, My Vrou se Man se Lyk se Tas.

Cindy Swanepoel het haar B-Dram Honneursgraad in 2003 voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch, en het sedertien in meer as 20 kinderproduksies gespeel. Teaterproduksies waarin sy 'n hoofrol vertolk het, sluit in Kringe in 'n Bos, The Crucible, Houtkruis - Die Musical, Dalliances en Curl up and Dye. Sy is ook 'n bekende gesig op die kassie en het al haar verskyning gemaak in Villa Rosa, Egoli - Plek van Goud, Generations, Geraamtes in die Kas, Sterlopers, Laugh Out Loud en Pandjieswinkelstories, wat later vanjaar te siene sal wees. Sy is natuurlik tans te siene in Proesstraat en is die mede-eienaar van die produksiemaatskappy Pôkô Evenst and Productions.

Francois van Rensburg se stem behoort vir Suid-Afrikaners baie bekend te wees: hy is sedert 2009 deel van RSG se jeugvervolgverhaalRatels deur Leon van Nierop, waar hy die rol van Vincent de Wahl die afgelope vyf jaar vertolk. Op Hoërskool reeds het hy die toekenning ontvang as beste akteur tydens die ATKV Tienertoneelkompetisie. Sy gesig was ook al op televisie te sien: eers in die sepieBinneland as Louis en toe in Sewende Laan as Gerrie, Errol se pêl. Francois het ook al in verskeie musiekblyspele opgetree waaronder Tree Aan!, Ons Vir Jou en Jesus, die Musiekblyspel tel. In 2013 saai RSG die radioverhaal Sibbe uit, wat deur Francois geskryf is. Francois is natuurlik ook die gewilde middagomroeper tussen 12:00 en 15:00 op Oos-Rand Stereo 93.9FM, en bekwaan hom deesdae ook as musikant.

Regisseur Frans Swart sê My Boetie se Sussie se Ou is natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou. "Daardie 'laugh per minute'. En dis presies wat ons met My Boetie se Sussie se Ou wil doen. Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne. Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat 'n mens beter laat ontspan as lag nie. En daarom is dit vir Lefra Produksies so 'n eer om hierdie produksie op te voer. Mense wil nie meer wroeg nie - daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed - ons mense wil lag. En dis juis wat My Boetie se Sussie se Ou gaan bring."

Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer. "Alhoewel dit uit 'n logistieke oogpunt'n nagmerrie is om met so 'n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien."

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
Ana van Achterbergh (Mary), Botha Enslin (Stanley)

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
Anel du Plessis (Vicky) and Hennie Smit (Deda)

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
Barbara (Cindy Swanepoel), Mary (Ana van Achterbergh) and John Smith (David Rees)

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
My Boetie se Sussie se Ou Cast

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
Botha Enslin

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
Botha gaan see toe

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
David Rees (John) and Botha Enslin (Stanley)

Photo Flash: MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Emperor's Palace, New Theatre of Marcellus, 13 Mei - 1 Junie
Francois van Rensburg (Gavin), Hennie Smit (Deda) and Botha Enslin (Stanley)



Videos