KOM GROET DIE GROTMAN BY DIE UNIVERSITEIT VAN JOHANNESBURG SE TEATER

By: Aug. 05, 2013
Get Access To Every Broadway Story

Unlock access to every one of the hundreds of articles published daily on BroadwayWorld by logging in with one click.




Existing user? Just click login.

Kom laat die Grotman uit jou uitkom! GROET DIE GROTMAN met Hannes Muller speel by die Universiteit van Johannesburg van 22-24 Augustus. Bespreek by Computicket 0861 915 8000 ofwww.computicket.com Groepe meer as 10, kry 'n lekker afslag - skakel Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com Meer inligting by www.lefra.com GROET DIE GROTMAN toer die land vol en is 'n ideale produksie om fondse in te samel vir skole, kerke, klubs en diensorganisasies. Skakel vir Charl Senekal by (011) 815 3000 vir meer inligting.

Rob Becker se wegholsukses komedie, DEFENDING THE CAVEMAN, in Afrikaans as GROET DIE GROTMAN, hou die rekord vir Afrikaanse teater met meer as 900 uitverkoopte vertonings! Koos Kombuis het die stuk in Afrikaans vertaal en verwerk, Sandra Prinsloo het die regie hanteer en Hannes Muller speel die rol van DIE GROTMAN.

GROET DIE GROTMAN is 'n humoristiese eksplorasie van die verskille tussen mans en vrouens en hoe daardie verskille veroorsaak dat ons mekaar totaal misverstaan. "Grotman slaag daarin om 'n diepgewortelde universele senuwee te raak ... die verskille tussen mans en vrouens ... en wat baie lekker is dat daardie senuwee op komiese wyse uitgebeeld word", se regisseur Sandra Prinsloo. "En die sukses van Grotman kan beslis daarin toegeskryf word. 'n Wonderlike teks deur Rob Becker en ewe wonderlik vertaal en verwerk deur Koos Kombuis en Hannes Muller se briljante vertolking as Die Grotman is beslis redes hoekom GROET DIE GROTMAN so gewild is."

Hierdie eenman-stuk het die afgelope sewe jaar reeds meer as 900 uitverkoopte vertonings dwarsoor die land gehad. "Dit is wonderlik dat DEFENDING THE CAVEMAN in Afrikaans in Suid-Afrika opgevoer word," sê skrywer Rob Becker. "Dit maak tog altyd so 'n groot verskil as jy teater kan ervaar in jou eie huistaal." Maar hoe verklaar Becker DEFENDING THE CAVEMAN se reuse sukses? "Daar vind definitief heling plaas wanneer 'n paartjie in 'n donker teater saam met honderde andere lag en besef hulle is nie alleen nie. En glo my as die paartjies na die stuk kar toe loop, vind daar al klaar ernstige ... jy weet wat ... plaas. En is dit nie al genoeg waarde vir die teaterkaartjie nie?"

Vervaardiger Frans Swart sê dat toe hy destyds die Amerikaanse regte van GROET DIE GROTMAN(DEFENDING THE CAVEMAN) deur Becker verkry het, hy besef het dat hierdie 'n baie suksesvolle produksie gaan wees. "Maar min het ons besef dat dit so 'n ongelooflike wegholsukses verhaal gaan wees. Die span, Sandra, Hannes en Koos, is uit 'n kreatiewe oogpunt die beste! Maar ons toer ook die produksie na die kleinste en grootste dorp of stad in die land en dit was vir ons baie belangrik om ook weer toneel, en in hierdie geval komedie, na die mense toe te vat. En dit sit mense aan die praat. Elke opvoering sover was totaal uitverkoop en dit is beslis 'n rekord vir Suid-Afrikaanse teater. En steeds stroom die mense in en wat wonderlik is, is dat mense twee en drie keer terugkeer ... elke keer met nuwe pêlle. Grotman het beslis 'n legende geword in Suid-Afrika!"

En sê Hannes Muller: "Na meer 900 vertonings is ek steeds voor elke vertoning opgewonde om die Grotman se storie aan die mense te vertel. En dis belangrik. GROET DIE GROTMAN gee mense 'n manier om hulself en hul gades te verstaan en terwyl hulle so lekker vir mekaar lag. Ons het ons eie interpretasie aan die stuk gegee, dit in die Suid-Afrikaanse konteks geplaas, maar tog by die essensie Van Becker se oorspronklike stuk gebly. Ek het baie pret op die verhoog met die Grotman en glo die wie dit nog nie gesien het nie gaan net soveel pret hê." Sien julle by GROET DIE GROTMAN!"

Besoek ook die Grotman se eie webwerf by www.grotman.com



Videos